Peter Paul Rubens

Peter Paul Rubens

Selfportret deur Rubens. 1623.
Geboortenaam Peter Paul Rubens
Gebore (1577-06-28)28 Junie 1577
Siegen, Nassau-Dillenburg, (tans Noordryn-Wesfale, Duitsland)
Sterf 30 Mei 1640 (op 62)
Antwerpen, Spaanse Nederlande (tans België)
Veld Skildery, drukkuns en diplomasie
Opleiding Tobias Verhaecht
Adam van Noort
Otto van Veen
Beweging Vlaamse Barok

Peter Paul Rubens (gebore op 28 Junie 1577 in Siegen, oorlede op 30 Mei 1640 in Antwerpen, ook Pieter Paul, Pieter Pauwel of Petrus Paulus Rubens genoem) was 'n Vlaamse Barokskilder, tekenaar en diplomaat, werksaam in Antwerpen. Hy word gesien as een van die belangrikste en invloedrykste barokskilders van die Vlaamse skool.

Die Vlaamse Barokskilder was reeds in sy leeftyd in sy eie land en ver daarbuite beroemd. Hy het ʼn oorvloedige skat skilderye nagelaat wat oor feitlik elke onderwerp, veral met godsdienstige en mitologiese temas, gehandel het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search